Events





Contact us

Tel: (021) 531-3180
Fax: (021) 531-2931
Email: info@cape.ieasa.org.za
IEASA Western Cape
The Institute of Estate Agents of South Africa, Western Cape Region

IEASA Western Cape News

News from IEASA Western Cape

PEILING TOON MINDER SKANSE IN EIENDOMSBEDRYF

() 29 SEP 2009


 

 Hervorming in SA se eiendomsbedryf vorder fluks volgens ‘n nuwe peiling.

 

Die resultate van ‘n onlangse opname in die bedryf toon dat swart agente nou 10% van die algehele agentkorps verteenwoordig in vergelyking met net minder as 4% vyf jaar gelede toe die aantal agente wat by die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede (REAA) geregistreer was omtrent dieselfde was as wat nou die geval is.

 

“In reële terme beteken die styging dat die aantal geregistreerde swart agente  vanaf sowat 2000 tot sowat 4200 toegeneem het,” sê dr Willie Marais, nasionale president van die Instituut van Eiendomsagente (IEASA). “Ons is baie tevrede met dié toename – ons beskou dit as ‘n belangrike teken dat die residensiële eiendomsmark in geheel meer geïntegreerd raak.

 

“Dit weerspieël nie net die stygende persentasie swart kopers in die mark nie, maar ook die feit dat die skans tussen die sogenaamde township-mark en die tradisionele voorstedelike mark afgebreek word en dat meer mense nou vryelik van een na die ander beweeg.

 

“Dit word inderdaad verder onderstreep deur ‘n verdere bevinding van die opname, naamlik dat 18% van alle agente – bykans een uit elke vyf – nou township-eiendom saam met voorstedelike huise, deeltitel- en troshuise, aftreeplekke en landbou-eiendom bemark.”

 

Die 2009 opname, wat deur ‘n onafhanklike navorser met die steun van IEASA en Property24 sowel as die REAA gedoen is, is die tweede so ‘n opname wat in die plaaslike eiendomsbedryf gedoen is. Die eerste was in 2004.

 

Die opname, wat onder 42 000 agente wat by die REAA geregistreer is, versprei is, het ‘n wye reeks kenmerke van agente en agentskappe ontleed, insluitende demografie, sakebedrywighede en gebruik van tegnologie, sowel as vergoedingstrukture. Hoewel deelname vrywillig was, het dit baie sterk reaksie ontlok.

 

Die ontleding toon onder meer dat die tipiese SA agent tussen 35 en 55 jaar oud is (54%), getroud is en twee kinders het (72%) en R13 000 of minder per maand verdien (54%) deur kommissie met ‘n onafhanklike agentskap te deel (74%). IEASA gaan nog resultate oor die volgende paar weke publiseer.

 

Uitgereik deur die

Instituut van Eiendomsagente van SA

 




copyright 2008 IEASA Western Cape | Real Estate Technology by Entegral | Admin Login